Die jongste invoersyfers lyk só

Beesvleisinvoere vir September het op 1 024 ton te staan gekom, wat ‘n styging van 53% verteenwoordig in vergelyking met September 2020.

Die vry-aan-boord prys vir September 2021 was R42.43 p/kg en vir September 2020 was dit R41.80 p/kg. Dit verteenwoordig ‘n styging van 1.5% in die prys per kg.   

Die meeste invoere was van Botswana (238 ton).

Growwe onderverklarings is van Botswana geïdentifiseer en dit sal verder ondersoek word.

Lewendige speenkalf-invoere vir September 2021 het 30 326 eenhede beloop. Dit verteenwoordig ‘n toename van 116% in vergelyking met September 2020. Die prys was R7 178.80 per eenheid, wat 5% hoër is as in September 2020.

Skaapvleis-invoere vir September 2021 het op 56 ton te staan gekom, wat ‘n styging van 357% verteenwoordig vergeleke met September 2020. Die vry-aan-boord-prys was R19.25, wat 47% laer is as die September 2020-prys.

Die meeste invoere was van Australië (50 ton).

Altesaam 11 144 eenhede lewendige skape is in September 2021 ingevoer. Dit is 37% meer as wat die geval in September 2020 was. Die prys was R1 113.95 per eenheid, wat 1.24% hoër is as in September 2020.

Namibië was die grootste uitvoerder na Suid-Afrika met 11 144 eenhede.