Kyk uit vir dié siektes

Die volgende verslae van dieresiektes is ontvang van veeartspraktyke, volgens die maandelikse verslag van veesiekteneigings soos informeel gerapporteer deur veeartse wat aan die Herkouer Veterinêre Vereniging van Suid-Afrika (RuVASA) behoort.

Eksterne parasiete – blou bosluise, weerstandige blou bosluise, hartwater-bosluise, bruin oorbosluise, bontpotige bosluise, rooipoot-bosluise, verlammende bosluise, steekluise, bloedsuiende luise, skaapbrandsiek, brandsiekmyte, lastige vlieë, muggies, muskiete, Tsetse vlieë, blaasvliegies, skroefwurm, uitpeuloogsiekte en neuswurm.

  • Bosluis-oordraagbare siektes – rooiwater, Afrika rooiwater, Asïatiese rooiwater, anaplasmose, hartwater, knopvelsiekte, buffelsiekte en theileriose.
  • Insek-oordraagbare siektes – knopvelsiekte, pseudo-knopvelsiekte (Allerton virus) drie-dae-stywe-siekte, bloutong, Nagana, Slenkdalkoors en Wesselsbron.
  • Veneriese siektes – trichomonose, vibrioses en peestersiekte.
  • Bakteriese siektes – sponssiekte, ram-dikkop, bloedderm by beeste en bloedpens by skape, klem-in-die-kaak, beesbrucellose, pasteurellose, skaapbrucellose, Johne se siekte, e. coli, enzoötiese aborsie.
  • Virale siektes – BMC (snotsiekte), hondsdolheid (beeste), BVD, IBR, rotavirus, coronavirus, enzoötiese bees leucose (EBL), rotavirus, coronavirus, jaagsiekte, orf en vratte.