Neigings in vleis-invoere
Altesaam 405 ton beesvleis is in Maart 2020 ingevoer, wat 84% minder is as wat die geval in Maart 2019 was, volgens Agri Inspec.
Die vry-aan-boord-prys vir Maart 2020 was R33.68 p/kg en vir Maart 2019 was dit R36.29 p/kg. Dit verteenwoordig ‘n toename van 7% in die prys per kilogram.
Die meeste invoere was van Argentinië (128 ton), terwyl lae verklarings van Australië en Nieu-Seeland geïdentifiseer is.
Altesaam 40 877 eenhede lewendige speenkalwers is in Maart 2020 ingevoer. Dit is 21% meer as wat die geval in Maart 2019 was. Die prys was R6 944.39 per eenheid, wat 22% hoër is as die Maart 2019-prys.
Skaapvleisinvoere het in Maart op 361 ton te staan gekom. Dit verteenwoordig ‘n daling van 54% vergeleke met Maart 2019. Die vry-aan-boord-prys was R31.18, wat 21% laer is as die Maart 2019-prys.
Moontlike onderverklaring is geïdentifiseer van Australië en die meeste invoere was ook van dié land (261 ton).
‘n Totaal van 19 934 eenhede lewendige skape is in Maart 2020 ingevoer. Dit verteenwoordig ‘n daling van 46% in vergelyking met Maart 2019. Daar was nie ‘n prys in verskil tussen Maart 2019 en Maart 2020 nie. Namibië was die grootste uitvoerder na Suid-Afrika met 29 682 eenhede.