Kan die verbruiker wel onderskei tussen voerstelsels ten opsigte van vleiskwaliteit en sensoriese eienskappe?

In die algemeen word vleisbeeste of in voerkrale op ‘n graandieet gevoer of op veld met of sonder aanvulling. Voerkraaldiere is normaalweg jonger en word soms ook in die voerkraal gesupplementeer met die beta-agonis zilpaterol. Zilpaterol verbeter voerdoeltreffendheid en dra by tot groter karkasse. Die meeste karkasse van beeste wat uit voerkrale geslag word val […]

Skaapvleismarktendense

Die Nieu-Seelandse lamsmark mag oor die kort termyn gerugsteun word deur ‘n tekort in voorrade van Australiese lamsvleis, volgens ABSA AgriTrends. Plaaslike lam- en skaapvleispryse sal na verwagting in lyn met seisoenaliteit sywaarts of laer verhandel. Die mark het ‘n verhoogde aanvraag gesien soos wat die inperkingsmaatreëls verlig word en warmer weer ervaar word. Internasionale […]

Beesvleismarktendense

Beide globale en plaaslike beesvleispryse sal na verwagting in die toekoms styg weens verbeterde vraagvlakke soos wat restuarante en wegneem-eetplekke heropen ná die verligting van Covid-19-inperkingsmaatreëls, volgens ABSA AgriTrends. Internasionale beesvleismark Tydens die week van 18 September 2020 het die pryse van osse en koeie met onderskeidelik 0.9% en 2.5% in Nieu-Seeland gestyg. Dié land […]

Naspeurbaarheid: meer as net ‘n skyfie

Enige boer wat dink ‘n identifikasieskyfie in die oor verteenwoordig ‘n naspeurbaarheidstelsel vir ‘n beeskudde sit die pot heeltemal mis. Dit verbind net die dier aan ‘n produksie-eenheid. Naspeurbaarheid behels meer as om eenvoudig net diere te identifiseer en rekord van ‘n spesifieke vee-eenheid deur die waardeketting te hou. Dit behels ‘n volledige kuddebestuurstelsel wat […]

Vroeë waarskuwingstelsel vir veesiektes ontwikkel

Soos mense word diere bedreig deur dodelike pandemies wat vinnig versprei en kommersiële veekuddes kan uitroei. Die Tholo infrarooi beeldhulpmiddel is in die finale toetsfase, wat verskeie opkomende boere in Thaba’Nchu in die Vrystaat insluit. ‘n Basiese infrarooi kamera (wat omtrent so groot soos een derde van ‘n slimfoon is) kan op ‘n slimfoon gemonteer […]

Navorsing toon jonger generasie is nie lus vir laboratoriumvleis

Ondanks die feit dat lede van die Z-generasie baie besorg oor die omgewing en dierewelsyn is, is 72% van hulle nie gereed om gekultiveerde vleis te aanvaar nie, het ‘n nuwe navorsingsprojek bevind. Gekultiveerde vleis is vir die doeleindes van die navorsing gedefiniëer as vleis wat in ‘n laboratorium geproduseer is deur in-vitro selkulture van […]

Innoverende beleid benodig vir groeiende vraag na vleis

Afrika mag teen 2050 soveel as 20% van diereproteïene soos beesvleis, pluimveevleis en melk moet invoer indien meer innoverende beleid nie toegepas word om aan die groeiende vraag te voorsien nie, word gewaarsku in ‘n verslag van die Wêreldbank. Die verslag sê die gemiddelde Afrika-inwoner verbruik ongeveer 19kg vleis en 44kg melk per jaar, maar […]

Ja, jy kan jouself gelukkig eet

Die jongste wetenskaplike bevindings dui daarop dat ‘n gesonde dieet nie net beter is vir jou gesondheid nie, dit is ook goed vir jou gemoedstoestand. Maar selfs navorsers was verras met die uitslag. Die studie het getoon dat die groep wat ‘n aangepaste Mediterreense dieet vir drie maande gevolg het, se depressiewe simptone soveel verminder […]

Vooruitsigte vir verhoogde vleisvraag in Sub-Sahara Afrika

Volgens ‘n onlangse webseminaar wat deur die IMS (International Meat Secretariat) aangebied was, is Sub-Sahara Afrika ‘n groot, komplekse, maar opwindende markvooruitsig. Dit verteenwoordig ‘n mark van 1,1 biljoen mense waar die bevolking besig is om vinniger te groei as op enige ander kontinent in die wêreld. Daar was in baie van die lande ‘n […]

BFAP vooruitskouing bekend

Die 2020-uitgawe van BFAP (Bureau for Food and Agricultural Policy), wat ‘n vooruitskouing op landbouproduksie, verbruik, pryse en handel in Suid-Afrika vir die periode 2020 tot 2029 bevat, is onlangs gepubliseer. Beesvleisbedryf  Uit ‘n bekostigbaarheidsoogpunt bied beesvleis ‘n verskeidenheid van opsies op handelsvlak. Produkte soos maalvleis ding op soortgelyke prysvlakke as hoendervleis mee terwyl afval […]